Fw: (15) Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.
[email protected] ("Hendrik")
| Newsgroups | php.webmaster |
|---|---|
| Message-ID | <00d201c93982$0a5b5820$04a80429@hendrik> |
Geagte Vriend. Saterdag, Oktober 18, 2008 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied. Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. Psa 68:1 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied. Psa 68:2 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg! Psa 68:1 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied. Psa 68:2 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg! Psa 7:7 Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het! Psa 7:8 En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte! Psa 44:27 Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil! Psa 78:65 Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn; Psa 78:66 en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen. Psa 78:67 En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie, Psa 78:68 maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet. Psa 132:8 Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte! Psa 132:9 Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel. Num 10:35 En as die ark wegtrek, het Moses gesê: Staan op, HERE, dat u vyande verstrooi kan word en u haters voor u aangesig kan vlug. 2Kro 6:41 Staan dan nou op na u rusplek, HERE God, U en die ark van u sterkte! Laat u priesters, HERE God, met heil bekleed wees, en laat u gunsgenote hulle verheug in die goeie. Jes 33:3 Vir die dawergeluid vlug die volke; vanweë u verheffing word die nasies verstrooi. Jes 42:13 Die HERE sal uittrek soos 'n held; Hy sal die ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar. Jes 42:14 Ek het baie lank geswyg, My stil gehou, My bedwing. Ek sal uitskreeu soos een wat baar, Ek sal hard asemhaal en hyg tegelykertyd. Jes 51:9 Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie? Jes 51:10 Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see 'n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie? Psa 68:15 Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon. Psa 68:31 Dreig die wilde gedierte van die riet-die trop stiere saam met die kalwers van die volke-die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë. Psa 59:12 Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild! Psa 89:11 U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi. Jes 41:15 Kyk, Ek maak jou tot 'n skerp, nuwe dorsslee wat baie tande het: jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf. Jes 41:16 Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in die HERE, jou beroem op die Heilige van Israel. Ese 5:2 'n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrand as die dae van die beleëring verby is; dan moet jy 'n derde deel neem en met die swaard stukkend kap rondom die stad, en 'n derde deel moet jy in die wind strooi; en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek. Ese 12:14 En almal wat rondom hom is, sy hulp, en al sy leërs sal Ek na al die windstreke verstrooi en die swaard agter hulle uittrek. Ese 12:15 Dan sal hulle weet dat Ek die HERE is, as Ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi; Dan 2:35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het. Psa 21:9 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind. Eks 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; Deu 7:10 Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde. Joh 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Joh 14:24 Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. Amen Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. Waarheid uit die Woord van die HERE (1953) Van n seun van die HERE Hendrik van den Berg Fraai Uitsig Posbus 2127 Mosselbaai. 6500. --- No virus found in this outgoing message. Checked by AVG - http://www.avg.com Version: 8.0.175 / Virus Database: 270.8.4/1753 - Release Date: 10/28/2008 9:20 PM