FW: (9) Die HERE van die leërskare-Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!
[email protected] ("Hendrik")
| Newsgroups | php.webmaster |
|---|---|
| Message-ID | <009201c93981$c382bf60$04a80429@hendrik> |
Geagte Vriend. Sondag, Oktober 12, 2008
09:40:42
Die HERE van die leërskare-Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!
Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Jes 8:13 Die HERE van die leërskare-Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!
Jes 26:3 U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
Jes 26:4 Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.
(Isa 26:4 Trust ye in the LORD for ever: for in the LORD JEHOVAH is everlasting strength:)
Lev 10:3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
Num 20:12 Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.
Num 20:13 Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.
Num 27:14 omdat julle in die woestyn Sin, toe die vergadering getwis het, teen my bevel wederstrewig gewees het om My by die water voor hulle oë te heilig. Dit is die water van Mériba by Kades, in die woestyn Sin.
Rom 4:20 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee
Gen 31:53 Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak.
Psa 76:8 U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?
Mal 2:5 My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.
Mat 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
Luk 12:5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!
Ope 15:4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
Amen
Eks 15:14 Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.
Waarheid uit die Woord van die HERE (1953)
Van n seun van die HERE
Hendrik van den Berg
Fraai Uitsig
Posbus 2127
Mosselbaai.
6500.
---
No virus found in this outgoing message.
Checked by AVG - http://www.avg.com
Version: 8.0.175 / Virus Database: 270.8.4/1753 - Release Date: 10/28/2008 9:20 PM