FW: (4) En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.

[email protected] ("Hendrik")
Newsgroups php.webmaster
Message-ID <005901c93981$9c62e0e0$04a80429@hendrik>
Geagte Vriend.                                                                                          Sondag, September 28, 2008
                                                                                                                       10:20:42

En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.

Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

Ope 18:24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.

Ope 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;

Ope 16:6 want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.

Ope 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

Ope 19:2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.

Jer 2:34 Ook is aan jou some die bloed gevind van die siele van onskuldige armes; nie by 'n plek waar ingebreek is, het Ek dit gevind nie, maar by hierdie almal.

Ese 22:9 Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.

Ese 22:12 Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar My het jy vergeet, spreek die Here HERE.

Ese 22:27 Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak.

Dan 7:21 Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin,

Mat 23:27 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.

Luk 11:47 Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.
Luk 11:48 Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.
Luk 11:49 Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg,
Luk 11:50 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,
Luk 11:51 van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.

Han 7:52 Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;

1Thes 2:15 wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,

Jer 51:49 Ook Babel moet val, o gesneuweldes van Israel, soos ook vir Babel geval het die gesneuweldes van die hele aarde.

Amen

Rom 2:5 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

Waarheid uit die Woord van die HERE (1953)
Van n seun van God, 
Hendrik van den Berg
Fraai Uitsig 
Posbus 2127
Mosselbaai. 
6500. 
[email protected] 
---


No virus found in this outgoing message.
Checked by AVG - http://www.avg.com 
Version: 8.0.175 / Virus Database: 270.8.4/1753 - Release Date: 10/28/2008 9:20 PM
lmpx.com only provides a reader for public news (NNTP) servers. It is not affiliated with the servers or forums shown here and is not responsible for the content of articles, which is written by their respective authors.