FW: (5) Die wysheid dan--waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?

[email protected] ("Hendrik")
Newsgroups php.webmaster
Message-ID <006601c93981$a2cd7cb0$04a80429@hendrik>
Geagte Vriend.                                                                                   Woensdag, Oktober 01, 2008
                                                                                                                       10:20:42

Die wysheid dan--waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?


Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
 
Job 28:12 Maar die wysheid--waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?

Spreuke 2:6 (want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

Prediker 7:23 Dit alles het ek met wysheid op die proef gestel; ek het gesê: Ek wil wys word, maar dit het ver van my gebly.
Prediker 7:24 Wat bestaan, is ver en baie diep; wie kan dit begryp?

1Kor 2:6 Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar 'n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.
1Kor 2:7 Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,
1Kor 2:8 wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie--want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie--
1Kor 2:9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
1Kor 2:10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
1Kor 2:11 Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
1Kor 2:12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
1Kor 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
1Kor 2:15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.

Jak 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

Amen

Jak 3:17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

Waarheid uit die Woord van die HERE (1953)
Van n seun van HERE, 
Hendrik van den Berg
Fraai Uitsig 
Posbus 2127
Mosselbaai. 
6500. 
[email protected] 
---


No virus found in this outgoing message.
Checked by AVG - http://www.avg.com 
Version: 8.0.175 / Virus Database: 270.8.4/1753 - Release Date: 10/28/2008 9:20 PM
lmpx.com only provides a reader for public news (NNTP) servers. It is not affiliated with the servers or forums shown here and is not responsible for the content of articles, which is written by their respective authors.